Ballistiese missiele op 1 Oktober 2024 bo Israel. Die foto's is in die Benede Galilea geneem vanaf 'n nedersetting in die ooste.
Op 1 Oktober 2024 het Iran 181[1] missiele in ten minste twee golwe na Israel gelanseer,[2][3][4] wat veroorsaak het dat sirenes regoor die land afgegaan het en ontploffings oorhoofs in verskeie gebiede van die land, insluitend Jerusalem en Tel Aviv gehoor is.[2] Die missielaanval, met die kodenaam Operation True Promise,[5] ‘n Skool in Gedera[1][6] en 'n restaurant in Tel Aviv beskadig is onder andere beskadig.[6] Twee Israeli's is lig beseer,[6][1] terwyl een Palestynse man in die Wesoewer dood is.[7][1]
Iran het gesê die aanval was in "selfverdediging",[8][9] en het die sluipmoord op Ismail Haniyeh in Teheran en die sluipmoorde op Hassan Nasrallah en die Iranse generaal Abbas Nilforoushan aangehaal.[2] Vroeër in die jaar in April het Israel Iran se konsulaat in Damaskus aangeval, gevolg deur Iran wat Israel aangeval het, gevolg deur Israel wat Iran aangeval het.[10]
Die Israelse Weermag het berig dat hulle 'n "groot aantal" missiele onderskep het en sensuur gevestig het oor die skade wat dit gely het,[11] terwyl die Amerikaanse Pentagon bevestig het dat die Amerikaanse Vloot rondom 'n dosyn onderskeppers afgevuur het, bygestaan deur ongespesifiseerde vennote.[12]Jordanië het ook gesê dat sy lugverdediging missiele en hommeltuie oor sy lugruim onderskep het.[12] Israeliese premier Benjamin Netanyahu het verklaar dat Iran 'n "groot fout" gemaak het en belowe dat dit "sal betaal" daarvoor.[13] Die Verenigde State van Amerika het "ernstige gevolge" beloof en daartoe verbind om met Jerusalem saam te werk om te verseker dat Iran 'n prys vir sy optrede betaal.[12] Iran het gedreig om "verpletterende aanvalle" uit te voer as Israel reageer.[4]